Karoo Tuisskoolgroep hou atletiekbyeenkoms

DIE Karoo Tuisskoolgroep het onlangs ’n suksesvolle atletiekbyeenkoms in Middelburg gehou.


DIE Karoo Tuisskoolgroep het onlangs ’n suksesvolle atletiekbyeenkoms in Middelburg gehou.

Hulle het reeds vanaf die Vrydagmiddag op die Welvanpas gasteplaas gekuier en gespeel voordat die byeenkoms die Saterdagoggend met ’n pretloop afgeskop het.

Tuisskolers van regoor die Groot Karoo het met groot entoesiasme deelgeneem.

Die Karoo Tuisskoolgroep is in Januarie 2015 gevestig en bestaan tans uit meer as 80 families. Dié tuisskolers kom bymekaar van sover as Prieska, Riebeek-Wes en Philipstown om aan die kampe en addisionele opvoedkundige uitstappies deel te neem. Weeklikse aktiwiteite, wat hokkie en tennisbyeenkomste insluit, vind in Midedelburg en Graaff-Reinet plaas. Ouers wat belangstel om kontak te maak kan SP van der Walt kontak by spvanderwalt@karoomail.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.