Kattebakverkoping in Markstraat

DIE gemeenskap word die geleentheid gegee om van hul oortollige eiendom ontslae te raak by ’n kattebakverkoping wat op 17 Februarie in Markstraat gehou word.


DIE gemeenskap word die geleentheid gegee om van hul oortollige eiendom ontslae te raak by ’n kattebakverkoping wat op 17 Februarie in Markstraat gehou word.

Volgens Neville Prinsloo van die Sticks and Stones-winkel op die hoek van Mark- en Voortrekkerstrate, gaan daar tussen 9vm en 1nm geleentheid wees vir almal om na hartelus te kom koop en verkoop.

“Mense wat verkies om hul goedere van ’n tafel af te verkoop, is ook baie welkom maar sal net hul eie tafeltjies moet bring,” het hy gesê.

Behalwe oortollige huistoebehore en klerasie, kan kosse soos jam, beskuit, kerrie en rys, gebak of enige ander lekkernye ook aangebied word.

“Tradisionele kossoorte is ook baie welkom,” het Prinsloo gesê.

Volgens Prinsloo is dit ’n geleentheid vir die hele gemeenskap om mee te doen aan hierde geselligheid. Inskrywingsgeld is R50, maar die idee is nie om geld te maak nie, maar om skenkings aan die diereskuiling of hospitium te gee.

You need to be Logged In to leave a comment.