Katvisproduksie in akwakultuurtonnels in Graaff-Reinet-distrik uitgebrei

DIE eerste katvis is Dinsdag in een van die nuut-opgerigte akwakultuurtonnels op die plaas Karoo Cat Fish in die Graaff-Reinet-distrik oorgeplaas om die produksie van hierdie vissoort uit te brei.


DIE eerste katvis is Dinsdag in een van die nuut-opgerigte akwakultuurtonnels op die plaas Karoo Cat Fish in die Graaff-Reinet-distrik oorgeplaas om die produksie van hierdie vissoort uit te brei.

Die drie tonnels is pas teen ’n bedrag van R9,1 miljoen opgerig wat deur die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming in die Oos-Kaap in die projek belê is as deel van die landbou ekonomiese transformasiestrategie.

Mlibo Qoboshiyane, LUR van die departement, het die oordrag van die katvis na die nuwe akwakultuurtonnels bygewoon en sy opgewondenheid uitgespreek oor die belangstelling van veral die jeug om met die vissoort te boer en te teel.

“Wat ek vandag hier gesien het is wonderlik; van die uitbroei van die katvis tot die verwerking daarvan. Dit is wat ons wil hê ons boere moet doen – hulle moet die landbou-waardeketting ontgin,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat akwakultuur deur sy departement geïdentifiseer is as een van die prioriteit-kommoditeite om die ontwikkeling van landelike ontwikkeling te dryf.

Die strategie het ten doel om kommersiële produksie in die provinsie te laat groei deur vennootskappe tussen sleutelkommoditeite en die departement om werk te skep, kommunale boere na kommersiële boere te transformeer met toegang tot die markte vir hul produkte.

Tans verskaf Karoo Catch werk aan 102 voltydse werkers van die plaaslike gemeenskap, waarvan 75% van hulle vroue is, 77% is jeug-diges, met 20 plaaswerkers en 69 fabrieks-werkers.

Karoo Catch, ’n Graaff-Reinet-gebaseerde akwakultuurmaatskappy is vyf jaar gelede deur Liesl de la Harpe gestig met die fokus op werkverskaffing vir vroue en jeug in ’n gebied waar daar groot werkloosheid en ’n tekort aan voedsel voorkom.

“Die departement het ’n vyfjaar-kontrak met Karoo Catch geteken vir die konstruksie van drie akwakultuurtonnels om die produksie van katvis van 60 ton tot 120 ton per maand vir verwerking na visburger (patties), wors en maalvleis te vermeerder.

Ken Light van Karoo Catch sê die uiteinde-like doel is om die eienaarskap van die drie nuwe akawakultuurtonnels oor te dra na die kleinboere wat hulle tans ontwikkel.

Karoo Catch is onder 51% swart-eienaarskap, lei hulle werkers op, waarna hulle vas aangestel word en deel word van die aandeleprogram in die werknemerstrust.

You need to be Logged In to leave a comment.