’n KHOISAN-TAK is op 27 April op Cradock gestig.

Volgens Joseph Kreeling, hoof van die Griekwastam wat as hoofspreker opgetree het, was die doel van die vergadering om ’n tydelike komitee, bestaande uit lede van die Griekwas, Xam en Koranna stamme saam te stel.

Hy het verduidelik dat hierdie komitee onder die sambreel van die Khoi-Khoi Griekwa-tradisionelehuis wat in Oos-Londen gevestig is, sal werk. Die visie van die komitee is om die Khoisanvolk op vreedsame wyse te verenig en op te hef.

Die vergadering is ook deur die hoof van die Korannastam, Norman Mcmaster en Trevor Kopeledi van Oos-London se kantoor bygewoon.

You need to be Logged In to leave a comment.