KINDERSORG SA Cradock is ’n nie-winsgewende organisasie wat dienste lewer in Michausdal, Hillside en die Tarkastad plase.
Maatskaplike werker Ntando Makwakwa en maatskap-like hulpwerker Karen Tromp het onlangs ’n groepwerks-program vir meisies met die fokus op lewensvaar-dighede by die Michausdal Primêre Skool aangebied.
Kindersorg het ook in samewerking met die Departement Maatskaplike Ontwikkeling bewusmakingsessies oor aanneming aan die pleegouers en ouers aangebied.
Die organisasie het ook serpe en mussies aan Michausdal en Carinus Primêre Skole geskenk wat in die winterseisoen van groot waarde sal wees.
Die Sonskyn Dienssentrum in Michausdal het ook wol as ’n skenking ontvang om items mee te kan brei.
Voedselnood by Kindersorg Cradock is verlig deur die skenking van voedsel deur die plaaslike Congregational Kerk.
Eerwaarde Jagers het die skenking oorhandig wat deel was van die inisiatief van die kerk se Oesfees.
Cradock Kindersorg benodig dringend pleegouers en veiligheidsouers. Vir meer inligting skakel Cradock Kindersorg by 048 881 1235.