Kom kyk hoe die kampioene by rolbal-besigheidsliga speel

DAAR is groot opgewondenheid by die Cradock-rolbalklub waar die finale wedstryde van vanjaar se besigheidsliga vanaand (24 Mei) plaasvind.


DAAR is groot opgewondenheid by die Cradock-rolbalklub waar die finale wedstryde van vanjaar se besigheidsliga vanaand (24 Mei) plaasvind.

In die semi-finale wedstryde het CAT Motors se span, wat in die eerste posisie was, teen die Plaasjapies, wat in die tweede plek was, gespeel.

Die Plaasjapies het as wenners uit die stryd getree.

Volgens Tinie Prinsloo, die klub se voorsitter, is die stand van spanne op die oomblik Plaasjapies eerste, gevolg deur Irelander, die Laerskool Cradock, CAT Motors en Cradock Oos-gemeente.

Vanaand, ná afloop van spel, word ’n heerlike ete vir spelers aangebied.

Eerskomende naweek vind die Middellande rolbalpare-kompetisie op Cradock se bane plaas.

Spelers van Middelburg, Somerset-Oos, Graaff-Reinet en Jansenville sal saam met twee damespanne en ses manspanne van die plaaslike klub kom meeding aan die kompetisie.

Prinsloo sê hulle nooi graag die publiek uit om na rolbal op sy beste te kom kyk en die geleentheid te kom ondersteun.

Spel begin Saterdagoggend om 09:00.

You need to be Logged In to leave a comment.