Kosfees soek Cradock se kosmakers

KAROO Kosfees wil vanjaar ’n spesiale afdeling skep vir Cradock-kosmakers wat nie reekse van produkte aanbied nie, maar slegs met die maak van enkele geregte uitblink.


KAROO Kosfees wil vanjaar ’n spesiale afdeling skep vir Cradock-kosmakers wat nie reekse van produkte aanbied nie, maar slegs met die maak van enkele geregte uitblink.

Volgens die bestuur gaan hulle ’n “lang tafel” voorsien en kan plaaslike kosma-kers hul produkte op ’n afgemete opper-vlak van een meter by een meter aanbied.

Hulle het met hierdie besluit veral ge dink aan mense wat tradisionele geregte soos samoesas, bier, kerrie-vetkoeke en enige iets soortgelyks maak, asook die wat net beskuit, koekies of kolwyntjies bak, konfyt of enige ander eetgoed maak.

Die kosfeesmark vind Saterdag en Sondag, 28 en 29 April by The Palms in Cradock plaas en uitstallers moet slegs R100 vir twee dae betaal.

Kontak Amy Coetzer by 083 257 8601 vir verdere inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.