KT se o.13-spanne sluit seisoen op hoë noot af

DIE Primêre Skool Karel Theron in Middelburg se o.13-netbal- en rugbyspanne het die seisoen op ’n hoë noot afgesluit.


DIE Primêre Skool Karel Theron in Middelburg se o.13-netbal- en rugbyspanne het die seisoen op ’n hoë noot afgesluit.

Soos oudergewoonte het die o.13-spelers aan die jaarlikse Sitrusfees by Sunlands/Sondags-rivier op 18 Augustus gaan deelneem en sommer ook die Addo-olifant nasionale park besoek.

Karel Theron se o.13-netbalspan het al drie hul wedstryde met die volgende tellings gewen: Gonubie 18-9, Gill 11-8 en Summerwood 14-3. Die o.13-rugbyspan het uitstekend gevaar deur Grens en die Laerskool Addo te klop, maar het ongelukkig teen Port Alfred verloor.

Die spelers en ouers het hul afrigters, Martie Joubert en Marlene Serfontein, asook Willie Joubert en Jeswin Meyers vir hul afrigting en bydraes tot ontwikkeling van die spelers deur die seisoen bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.