DIE Kwaggas van die Hoërskool Cradock het op 25 Julie aan die ATKV-Spelathon in Port Elizabeth gaan deelneem.
Dié spelkompetisie het by die Hoërskool Framesby plaasgevind. Emihle Bune, Banele Adonisi, Siso-Esi Abraham en Sinawo James het in die Afrikaans Eerste Addisionele Taal-afdeling deelgeneem. Beulah de Vos, Desireé- Ann Pienaar, A.J. Thompson en Shaolin Booysen het in die Afrikaans Huistaal-afdeling deelgeneem.
Die leerders het teen verskeie skole in die Oos-Kaap deelgeneem en sien uit om weer volgende jaar te gaan kompeteer.