TWAALF atlete van die Hoërskool Cradock het die week van 6 tot 9 Maart aan die Oos-Kaap atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem.
Hierdie groep atlete het pragtig presteer te midde van die wisselende weer. Hulle het ses medaljes by hierdie byeenkoms verower: een goud, een silwer en vier brons. Showan Mayeki het goud in die seuns o.14 200m, asook brons in die seuns o.14 100m gewen. Roshay Hendricks het ’n silwer in die meisies o.17 100mH gewen, met Cherwin Butler, Janade Bouwer en Marike Dannhauser wat elk ook brons in die meisies o.19 hoogspring, meisies o.19 driesprong en vroue o.19 400m onderskeidelik gewen het.