Kwaggas se eerste hokkiespan beïndruk by Sparfees

DIE Hoërskool Cradock se eerste hokkiespan het op Saterdag, 17 Maart aan die Sparfees in Grahamstad deelgeneem.


DIE Hoërskool Cradock se eerste hokkiespan het op Saterdag, 17 Maart aan die Sparfees in Grahamstad deelgeneem.

Die meisies het teen vyf skole uit die streek, naamlik Kingswood College, Diocesan School for Girls (DSG), die Hoër Volkskool, Gill College, die Hoërskool Brandwag en Victoria Girls te staan gekom.

Die Cradock-meisies het puik hokkie gespeel en seker gemaak hul opponente het hard gewerk om ’n wen te beklink. Die Kwaggas moes die knie buig teen die spanne van Kingswood en DSG met 3-0 en 1-0 onderskeidelik.

Teen Volkskool en Gill het albei spanne tevergeefs gespook om doele aan te teken en die telbord het op 0-0 gebly in albei wedstryde.

In die wedstryd teen die Hoërskool Brandwag het die Kwaggas hul slag met goeie spanwerk gewys.

Jani Hattingh het die doel aan-geteken wat die Kwaggas met 1-0 laat wen het. In die wedstryd teen Victoria Girls was dit Marike Dannhauser wat die geleentheid gebruik het om ’n doel aan te teken en die span van CHS na ’n 1-0 oorwinning te lei.

Hoewel die dag propvol wedstryde was, het die eerste hokkie-span van CHS hulself goed gehand-haaf teen hul opponente. Met twee pragtige wenne en twee gelykop tellings is dit duidelik dat die meisies ’n belowende seisoen het wat voorlê.

You need to be Logged In to leave a comment.