SATERDAG, 2 Junie 2018, het die Laerskool Cradock die tweede kwartaal se netbalwedstryde afgesluit teen die Laerskool Aliwal-Noord.

Al die spanne het goeie tellings behaal en ware sportmansgees was deur al die netbalspeelsters getoon.

Die o.10 A-span het ’n kompeterende wedstryd gespeel en het met 6 – 4 gewen. Elke keer wanneer die bal in CLS se doel-derde gekom het, was daar geen keer aan hulle nie – die aanvallende spelers het baie mooi na vore gekom en die doele het seker gemaak dat elke doel tel.

Die o.10 B-span het ook baie goed gespeel en het met 5 doele elk teen hul opponente gelykop gespeel. Janke Pressley en Clariska Burton het keer op keer gesorg vir punte op die telbord. Aliwal-Noord het sterk kompetisie gebied.

Die o.11 A-span het in die eerste helfte baie goed gespeel. CLS en Aliwal-Noord het doel vir doel bymekaar gebly en teen halftyd was die telling 6-4 in Cradock se guns.

Gedurende die tweede helfte was die CLS span onstuitbaar en het hulle puik spel gelewer. Cradock het die wedstryd 4–0 gewen.

Die o. 11 B-span het in die tweede helfte van hul wedstryd ekstra energie gekry en ’n bars- hou begin speel. Hulle het van ’n halftydtel-ling van 1-3 teruggeveg tot ’n wen-eindtelling van 6-3.

Die o.12 A-span het ’n baie mooi wedstryd gespeel. Hulle het die eerste helfte stadig begin, maar gedurende die tweede helfte werk hul as span baie mooi saam en wen die wedstryd 9-7.

Die o.12 B-span het ’n uitstekende wedstryd gespeel. Aze Mzamo het talle balle onderskep. Die span stap met ’n groot oorwinning van 11-2 van die baan.

Die o.13 A-span speel hul harte uit teen ’n sterk span, maar verloor 15-26.

Die o.13 B-span lewer goeie spel en wen hul wedstryd 16-8.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article