Laerskool Gill-monitors kamp by Skietfontein

DIE monitors van die Laerskool Gill het onlangs op Skietfontein, die plaas van dr. Jannie Geyer wat self ’n Ou Gilliaan is, gaan ontspan en meer oor wat van hulle verwag word ge-leer.


DIE monitors van die Laerskool Gill het onlangs op Skietfontein, die plaas van dr. Jannie Geyer wat self ’n Ou Gilliaan is, gaan ontspan en meer oor wat van hulle verwag word ge-leer.

Hulle is deur dr. Louis Johannes Nel, hul skoolhoof, vergesel en hy en oom Jannie en sy helpers het gedurig ’n wakende oog oor die kaskenades gehou.

Die leerders het al die hindernisse met mag en mening aangepak. Daar is baie gelag en baie gesukkel en baie geval en baie gemor, maar almal het agterna saamgestem dat dit groot pret was.

Hierdie kampe is natuurlik nie voltooi as daar nie lekker in die plaasdam gebaljaar word, baie gebraai en geëet word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.