Laerskool Gill se ‘Skouspel’ ’n belewenis

DIE Laerskool Gill Skouspel, met die tema “’n aand om nooit te vergeet nie”, het op 23 en 24 Mei by dié skool in Somerset-Oos plaasgevind.


DIE Laerskool Gill Skouspel, met die tema “’n aand om nooit te vergeet nie”, het op 23 en 24 Mei by dié skool in Somerset-Oos plaasgevind.

Drie Stemme (Tiaan Lötz, Sid Watson en Prieur du Plessis) het in konsert saam met Jomari en leerders van die skool opgetree.

Gaste is met vrolike blomme in die voorportaal begroet en die tafels was keurig met swart en silwer gedek, terwyl kerse en silwer sterre die prentjie mooi afgerond het. By die tafels is sop en broodrolletjies as voorgereg aan die gaste bedien.

Die aand het begin met Fanfare, waarna die senior skoolkoor van Gill opgetree het. Die soet kinderstemme het die gaste totaal verras met “Africa” en “Daar kom die Alibama”. Anja Cornelius het ’n verkorte klaviersolo van “You and I” gelewer, waarna dansers met gomlastiekstewels hul unieke ritme gewys het.

Tiaan het “Die hemel weet” in duet saam met Jomari gesing en daarna het Jomari en die Line Dance-meisies ’n paar Country-items gelewer. Jomari het ook ’n paar liedjies van haar nuutste CD gesing.

Drie Stemme het die tweede gedeelte van die aand met “’n Aand om nooit te vergeet”-medley begin. Hulle het liedjies soos “Voshaarnooi”, “Harde kole” en “Hillbrow” gesing.

Die tweede gedeelte van die aand is deur Lara Lötz (11) met twee klaviersolo’s afge-sluit.

Die afsluitingslied van die aand deur Drie Stemme en Jomari was “Any dream will do”.

Ná die Skouspel is gaste met gevulde pannekoeke en ’n groen slaai, voorberei deur die onderwyseresse van Laerskool Gill, bedien.

You need to be Logged In to leave a comment.