Laerskool Gill-swemmers vereer

DIE Laerskool Gill het onlangs ’n prysuitde-ling gehou vir hul swemmers wat uitstekend tydens die swemgala presteer het.


DIE Laerskool Gill het onlangs ’n prysuitde-ling gehou vir hul swemmers wat uitstekend tydens die swemgala presteer het.

Onder die seuns het Jaco Troskie skoonskip gemaak en is as die Victor Lodorum aangewys. Hy het bekers gewen vir kruipslag, rugslag, vlinderslag asook die individuele wisselslag.

Hy stap ook weg met die Schalk Vermaak-beker vir die o.14 seun met die meeste punte.

Die Victrix Ludorum het gegaan aan Lali de Klerk en Inge Snyman wat die Diana Kalis-trofee ontvang het.

Inge Snyman het bekers gewen vir kruipslag, rugslag en vlinderslag, asook die individuele wisselslag. Sy het ook die Kaye Vosloo-beker vir die o.12 meisie met die meeste punte gewen.

Lali de Klerk het die bekers vir kruipslag, borsslag, rugslag, vlinderslag en inividuele wisselslag gewen. Sy het ook die Supertune-trofee vir die o.10 meisie met die meeste punte ingepalm.

Ander resultate:

Tanél Troskie wen die Attie Deyzel-beker vir meisies o.14-rugslag.

Nina de Klerk wen die borsslag, rugslag en die individuele wisselslag. Sy stap weg met die C.F.K Elliot-trofee vir die o.14 meisie met die meeste punte.

Chris Kearns wen die Dr. H.C Schoeman-trofee vir seuns o.12-borsslag.

Jan-Theo van Tonder wen kruipslag, rugslag, vlinderslag en individuele wisselslag. Hy stap ook weg met die J.V Thorne-trofee vir die o.12 seun met die meeste punte.

Hennie Snyman maak skoonskip en stap weg met al die bekers vir kruipslag, borsslag, rugslag en vlinderslag asook die Carissa Jansen van Rensburg-trofee vir ’n o.10 seun met die meeste punte.

Kelly Brown wen die rugslag vir meisies o.9. Almé Fourie wen die kruipslag en borsslag vir meisies o.9. Stefan Mynhardt wen die Doris Geere-beker vir seuns o.10-rugslag.

Rudolph-Hein van Eeden wen die kruipslag, borsslag, vlinderslag asook die Supertune-beker vir seuns o.10 met die meeste punte. Carla van Tonder wen die borsslag, vlinderslag, wisselslag en die Man-Liza-beker vir die meisie o.10 met die meeste punte.

Janita Marsh wen die o.11-rugslag en kruipslag. Cole Strydom wen die rugslag vir seuns o.11. Zanré Markotter wen die borsslag vir seuns o.11. Chris de Wet wen die vlinderslag en vryslag vir seuns o.11.

You need to be Logged In to leave a comment.