DIE Laerskool Gill op Somerset-Oos het onlangs vir Ray-Jean Wright tot hul personeel verwelkom.
Hy is gebore op Uitenhage en het op Cradock gematrikuleer. Hy het sy studies aan die Nelson Mandela-universiteit (NMU) in 2009 voltooi.
Ray-Jean is getroud met Engela en hulle het ’n seuntjie.
Sy gunsteling skoolvakke is Afrikaans Huistaal, wiskunde en sosiale wetenskap. Hy rig graag krieket en rugby af en droom daarvan om eendag ’n professionele rugby-afrigter, en natuurlik skoolhoof, te wees.
Hy glo niks is sonder moeite moontlik nie en dit is ook sy leuse vir die lewe.