Landboubedryf staar ernstige uitdagings in gesig

DIT is onbetwisbaar dat nie net die Oos-Kaap se landboubedryf nie, maar die Suid-Afrikaanse bedryf as geheel, ernstige uitdagings in die gesig staar, sê Douglas Stern, president van Agri Oos-Kaap. Hy het die volgende te sê gehad in ’n onderhoud met M


DIT is onbetwisbaar dat nie net die Oos-Kaap se landboubedryf nie, maar die Suid-Afrikaanse bedryf as geheel, ernstige uitdagings in die gesig staar, sê Douglas Stern, president van Agri Oos-Kaap. Hy het die volgende te sê gehad in ’n onderhoud met Mid-Karoo Express ná die onlangse jaarkongres van die organisasie.

“Met die eerste opslag is SA landbou se uitdagings nagmerries wat bestaan uit die ergste droogte in meer as ’n eeu, klimaatsverandering, die storting van goedkoop invoere, finansiële knelpunte, en die voortslepende kwessie van grondhervorming.

“Maar, soos ons uit ons geskiedenis ge-leer het, met elke uitdaging kom daar ’n nuwe geleentheid. Elke terugslag bied die boer ’n kans om daaruit te leer, aan te pas, te verander, en ’n nuwe rigting in te slaan.”

Waar staan landbou in


Suid-Afrika tans?

“Om te beplan om gemiddeld, of selfs ondergemiddeld te wees is nie die plek vir ’n boer nie. Ons het uitsonderlike uitdagings, en ons benoding uitsonderlike boere.

“En ons het baie van hulle, want ten spyte van al die uitdagings floreer landbou in Suid-Afrika. En bo alles, is daar steeds vir almal ’n rooskleurige toekoms en kan ek nie sien hoekom ons nie weer, as ’n nasie, deur hierdie sogenaamde onoorkombare uitdagings kan navigeer nie.

“Ek spoor al ons boere, veral die jonger geslag, aan om nie hulle rûe op hierdie land te draai nie, want hierdie land gaan hulle nodig kry. Glo my vry, geleenthede sal gedurig opduik, kyk uit daarvoor, en gryp dit aan.

Hoe gaan ons meer produseer

met minder?

“Terwyl doeltreffendheid oor die hele spektrum van produksie moet verbeter, sal daar nie verder as tegnologiese drywers gekyk hoef te word nie – die vierde industriële revolusie. Hier praat ons onder meer van vooruitgang in biotegnologie, genetika, groter databestuur en in-klusiwiteit in die waardeketting.

“Energie sekuriteit, hernubare tegnologie, veral solar-aangedrewe tegnologie, en energie-storing, voorsien koste-doeltreffende opsies en alternatiewe vir die voedsel-waardeketting.

“Gegewe Suid-Afrika se Eskom-debakel en voortslepende risiko’s, sowel as ons wonderlike sonskyn, spreek vanself dat ’n herwinbare energie-strategie ontwikkel behoort te word.

“Landbou moet byhou by die jongste tegnologie, en daarin belê, anders kan dit nadelig wees vir die sektor. Tegnologie ontwikkel so vinnig dat boere wat hierdie tegnologie gebruik nou hul belange bestuur by die vierkante meter en nie meer per hektaar nie. En hulle kry die benodigde resultate. Tegnologie-maatskappye verander deesdae die wyse waarop ons boer.”

Watter invloed mag die grondonteiening sonder vergoeding, en die “gebruik dit of verloor dit”
benadering tot waterregte hê?

“Hierdie voorstelle is nie haalbaar nie. Dit sal beslis die onbeplande gevolge van verminderde produksie tot gevolg hê.

“Ons moet ons besprekings met die regering voortsit, vanuit ’n produksie uitgangspunt. Die uitdaging is duidelik, die landboubedryf moet tevoorskyn kom met haalbare oplossings wat die produktiewe aanwending van die natuurlike hulpbronne sal verseker.

“Onthou ook dat weerpatrone ’n al hoe belangriker rol sal speel in die toekoms wat betref voedselproduksie. Dit is dus belangrik dat ons innoverend sal moet dink, byvoorbeeld, dat ons maniere sal moet vind om gesaaides te produseer met minder water.

“Die globale vraag na voedsel is aan die styg, maar die vraag is of ons dit kan voorsien? As boere moet ons onsself beter posisioneer om hier uitdagings die hoof te bied.

“Die Chinese het begin rooivleis eet. Dit het die potensiaal om yslike moontlike markte te skep. Indië se bevolking groei teen sowat 1,7% per jaar – sowat twee miljoen per maand. Hierdie mense moet almal eet.

“Met ons kommoditeitspryse tans die hoogste ooit is dit nou die beste tyd vir boere om hulle besighede te konsolideer deur die politiese ekonomiese krisis te verander in ’n geleentheid vir julself, eerder as om tyd te mors deur te bekommer oor die politieke situasie in die land.

“Dis iets waaraan julle in elk geval feitlik niks kan doen nie. Fokus liewer op dit wat jy die beste kan doen – dit is om voedsel te produseer.

“Die getal kommersiële boere verminder elke jaar.

“Ek wil by julle almal, elke boer, aandring om julle denkrigting, julle bena-dring tot julle boerdery, so te verander dat jy kan vermy om nog ’n kommersiële boer te word wat landbou verlaat het.”

You need to be Logged In to leave a comment.