Leerder ontvang Aquatics-

THEUNS van der Nest, kranige swemmer van die Hoërskool Cradock, het die afgelope week ’n pragtige toekenning vanaf Eastern Cape Aquatics ontvang.


THEUNS van der Nest, kranige swemmer van die Hoërskool Cradock, het die afgelope week ’n pragtige toekenning vanaf Eastern Cape Aquatics ontvang.

Theuns is aangewys as die swemmer wat die beste vordering getoon het die afgelope drie maande.

Hierdie is ’n besondere prestasie gesien in die lig dat alle seuns en meisie swemmers van die hele Oos-Kaap se tye in berekening ge-neem is. Wat dit nog meer indrukwekkend maak, is dat Theuns tans in die o.16- en o.17-afdelings deelneem.

Daar lê ’n blink toekoms voor vir hierdie talentvolle jong swemmer en CHS is saam met hom opgewonde oor hierdie pragtige toekenning.

You need to be Logged In to leave a comment.