Leerders bring vreugde vir hawelose diere

DIE kleintjies van die Primêre Skool Karel Theron se gr. R- en gr. RR-klasse het op 25 Julie die Middelburg-diereskuiling besoek.


DIE kleintjies van die Primêre Skool Karel Theron se gr. R- en gr. RR-klasse het op 25 Julie die Middelburg-diereskuiling besoek.

Die opgewonde jong leerders is vergesel deur drie onderwysers om komberse en kos namens die skool aan Marietjie van Rooyen by die diereskuiling te oorhandig.

Marietjie en haar man, Thys, probeer hulle bes om die hawelose, mishandelde en rondloperdiere van Middelburg onder hulle sorg te neem en ’n beter heenkome te gee.

Enige betrokkenheid en hulp van die publiek word opreg deur die Van Rooyens waardeer, hetsy dit kos, komberse, draad, sinkplate, kontantbydraes of werkende hande is, is elkeen se bydrae is vir hulle van onskatbare waarde.

Volg die Straatwoefs op sosiale media by “MC Animal Rescue Family” vir meer inligting.

Kontak Thys en Marietjie by 049 842 1515 vir navrae.

  • Inwoners kan ook ’n sirkel om 8 September trek wanneer die Annies Angels Paws Run weer plaasvind. Die motorfietssaamtrek op Middelburg is ’n fondsinsamelingprojek ten bate van die Middelburg-diereskuiling.

You need to be Logged In to leave a comment.