DIE Laerskool Cradock (CLS) het hulle toespraakkompetisie vir die eerste kwartaal op Dinsdag, 20 Maart, gehou.
Die standaard was baie hoog en die tien sprekers, waarvan vier junior en ses senior was, het interessante onderwerpe gehad.
Camron van Wyk met die onderwerp “Gehoorsame ouers en ongedissiplineerde kinders,” het eerste plek in die junior-afdeling behaal, terwyl Anné Adam met die onderwerp “Tyd” tweede plek verower het.
In die senior kompetisie was Almae Willard as die beste senior spreker met die onderwerp “Leiers” aangewys.
Aidan du Plessis wat oor “Tegnologie: Ons vriend of vyand?” gepraat het, het tweede plek behaal, terwyl Ruan Rieck se toespraak oor “Trappe” hom die derde plek besorg het. Mila de Kock met die onderwerp “Time” is die vierde plek toegeken.
’n Verskeidenheid items, onder meer klavierspel, sang en voordrag, het die program afgewissel. Die beoordelaars was ds. Jan Grobbelaar, Merle Ferreira en Sugnet Fouché.