DIE ATKV Rhenosterberg-tak sal sy jaarlikse koorfees op Donderdag, 18 Oktober, om 19:00 in die NG Kerk Moedergemeente op Middelburg hou.
Dit beloof om ’n aand van uitstekende koorsang en musiek vir die hele gemeenskap te wees.
Kore uit die omtrek word genooi om in te skryf in een van die drie kategorieë, naamlik laerskoolkore, hoërskoolkore en senior volwasse kore.
Daar is prysgeld op die spel vir die beste koor in elk van die kategorieë en die algehele beste koor sal met ’n ekstra prys wegloop.
Vir navrae en inskrywingsvorms, kontak Engela Kruger van GDE Leather by 082 823 7885 of ATKV voorsitter Gerrit Coetzee by 082 748 6841.