Lord Hofmeyr besoek Hofmeyr

’n AANTAL jare gelede is ’n beseerde aasvoël in die omgewing van Adelaide opgetel, en daar is groot moeite gedoen om die aasvoël na ’n aasvoël-rehabilitasiesentrum in die Magaliesberge te neem sodat hy van sy beserings kon herstel.

Die Aasvoël is daar herdoop tot Sir Adelaide. Toe daar dus so bietjie meer as ’n jaar gelede ’n beseerde aasvoël in die Hofmeyr-distrik opgetel word op die plaas van Michael en Lesley Lord, nadat die aasvoël met Eskomdrade gebots het, is die aasvoël inderhaas na Kate Webster in die Queenstown-distrik ge-neem vir die nodige mediese aandag en rehabilitasie. Dié reuse aasvoël het herstel en is terstond Lord Hofmeyr herdoop.

Ná die heerlike reën in die Hofmeyr-distrik het die Mid-Karoo Express by die Lord-gesin aangedoen op Soevereign en sowaar, ná meer as ’n jaar sit Lord Hofmeyr op ’n miershoop en bekyk die wêreld! Dit was weer sy eerste besoek waarvan die Lord-gesin kennis dra nadat hy vrygelaat is ná sy rehabilitasie.

’n Merker aan sy vlerk het bevestig dat dit wel Lord Hofmeyr was.

You need to be Logged In to leave a comment.