VERBYGANGERS kon verlede Dinsdag nie hul oë glo toe hulle met die verbygaan in D.F. Malanstraat sien hoe ’n man ewe rusig besig was om ’n skaap wat aan ’n boom gehang het, te slag. Die kop en afval het reeds op die grond langs hom gelê.
Volgens Jerome Julisen, een van die twee gesondheidsbeamptes op die dorp wat gaan ondersoek instel het, het die slagter hom vertel dat hy die skape – daar was nog ’n lewendige een aan ’n boom vasgemaak, namens ’n man slag. Julisen sê dié het beweer dat hy dit vir ’n fees laat slag.
Julisen sê die polisie het ook op die to-neel opgedaag en die beskuldigdes op ’n oortreding van openbare wanvoeglikheid gewaarsku.
Hy het verduidelik dat die ou wet dat vee slegs by slagpale geslag mag word, vervang is met Wet 40 van 2000, artikel sewe, sub-artikels een en twee wat voorsiening maak dat mense vir eie gebruik, kulturele of godsdienstige doeleindes in die privaat-heid van hul woning mag slag.