Man sterf ná hy val van krans in Magaleni

’n FORT Beaufort man in sy laat veertigs se lyk is die afgelope naweek deur die polisie aan die voet van ’n krans in die Magaleni-woonbuurt by Fort Beaufort ontdek.


’n FORT Beaufort man in sy laat veertigs se lyk is die afgelope naweek deur die polisie aan die voet van ’n krans in die Magaleni-woonbuurt by Fort Beaufort ontdek.

Die oorledene, wat ’n inkomste uit die brou van heuningbier gemaak het, het vermoedelik ’n krans uitgeklim om heuning uit ’n byenes te haal. Die polisie het aan die voet van die krans ’n emmer vol heuningkoeke ontdek en die oorledene, wie se naam nog nie bekend is nie, se lyk ’n entjie daarvandaan. Luidens die polisie wil dit voorkom asof die oorledene met die tweede poging kransop deur die bye oorval is en sy balans verloor het.

Hy wou vermoedelik die heuningkoeke met die jong bytjies wat gebruik word om heuningbier mee te maak, uit die nes gaan haal.

Sy lyk was reeds in ’n gevorderde stadium van ontbinding.

Die polisie wou nie sy naam bekend maak nie omdat al sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.