Manie skitter by debatkompetisie

AFRIFORUMONDERWYS, Agenda en Solidariteit het gedurende April hul groot, onvoorbereide Debatkompetisie in Pretoria geloods.


AFRIFORUMONDERWYS, Agenda en Solidariteit het gedurende April hul groot, onvoorbereide Debatkompetisie in Pretoria geloods.

Veertien instansies het teen mekaar meegeding en die kompetisie was sterk omdat Afrikaans kragtig in die sprekers se harte pols.

Manie Kapp, oud-Gilliaan, het as Kovsies se spanleier opgetree en het ook die hoogste punte behaal.

Dié span van vier het dan ook as die plaatfinaalwenners vir 2018 geseëvier. Kapp het in 2017 aan Gill-Kollege op Somerset-Oos gematrikuleer en in dieselfde jaar was hy ook een van die Top 5 onvoorbereide Redenaars in Afrikaans in die Suid- en Oos-Kaap.

Kapp is ’n eerstejaarstudent aan die Vrystaatse Universiteit en het by die Klipkerk aangesluit.

Hy speel ook Sondae die orrel in die kerk en hy voel geseënd omdat hy met behulp van sy stokperdjie ’n ekstra sakgeldjie kan verdien.

You need to be Logged In to leave a comment.