DIE Marais Steyn-huis in Steynsburg vier eersdaags hul 40ste verjaardag op 10 Februarie.
Die inwoners en personeel, asook die bestuur van die huis beplan feestelikhede reg-deur 2018 om hierdie mylpaal te vier.
’n Spesiale verjaardagete word beplan vir 10 Februarie om eregaste en inwoners die ge-leentheid te gee om in die argiewe terug te gaan, en hul stories oor 40 jaar gelede te ont-hou. Kaartjies vir die geleentheid word te koop aangebied vir diegene wat in die afgelope 40 jaar familie in die huis gehad het en wat geneë voel om weer ’n draai te gaan maak.
Die Marais Steyn-huis is vol, met ’n waglys vir beide hul woonstelle , asook vir enkel- en dubbelkamers. Die huidige matrone, Marinda Coetzee, in samewerking met haar bekwame personeel, het ’n liefde vir die taak wat hul verrig met soveel deernis, en ’n gesellige kuieratfmosfeer heers deurgaans in die gange. Die inwoners het onderlings die sonstoepe in kuierstoepe omskep en daar is ge-reeld kuiers op dié stoepe. Dalien Bekker het ’n groot gedeelte van die tuin onder haar vlerk geneem, en die ingange by die Huis is altyd keurig en met ’n verskeidenheid kleurvolle blomme na gelang van die seisoen.
Sy het ook in samewerking met Poppie Coetzee ’n aantal van die ander stoepe in kuierhoekies omskep. Selfs die matrone hanteer ’n gedeelte van die tuin en rig dit keurig en gesellig in. Soos wat die feestelikhede deur die jaar vorder, sal gereelde beriggewing die geskiedenis en ook die huidige omstandighede in die Marais Steyn-huis in Steynsburg uitlig.