Marguerite gesels oor babadoeke

MARGUERITE Hattingh, sirkelsekretaresse van die VLV Sirkel Cradock, en opvoeding en kultuursameroepster van die Hofmeyrtak, het onlangs aan die Hofmeyr VLV kom wys hoe sy natuurbewaring toepas deur met omgewingsvriendelike babadoeke haar babas groot


MARGUERITE Hattingh, sirkelsekretaresse van die VLV Sirkel Cradock, en opvoeding en kultuursameroepster van die Hofmeyrtak, het onlangs aan die Hofmeyr VLV kom wys hoe sy natuurbewaring toepas deur met omgewingsvriendelike babadoeke haar babas groot te maak.

Sy het vyf kindertjies tussen die ouderdom van ses jaar en vier maande. Sy gebruik slegs katoen- en hempdoeke en dit is só ekonomies dat sy dit vir meer as een baba kan gebruik. Die doeke kom in pragtige kleure.

Sy het ook die binnedoekvoerings kom vertoon wat nie ’n druppel vog deurlaat nie en dan natuurlik ook die waterdigte broekie wat verhoed dat die doeke lek.

Dit is baie meer ekonomies as weggooidoeke en is ook 100% omgewingsvriendelik.

You need to be Logged In to leave a comment.