DIE Hoër Landbouskool Marlow hou op 9 en 10 Maart ’n boeredag by die skool.
Dit beloof om ’n “lekker twee dae van saamkuier vir die boere, ouers, oud-leerders en gemeenskap te wees,” het Deon Gerber, bemarker by Marlow vertel.
Daar sal van die Vrydag vanaf 12:00 uitstal-lings van implemente en boerdery-produkte wees.
“Ons sal ook ’n paar demonstrasies van trekkers en ploeë die middag van 14:00 tot 16:00 op Marlow self hê. Daar sal ook TLB’s beskikbaar wees vir demonstrasies.”
Ná die demonstrasies sal die kroeg oop wees vir lekker saamkuier en braai, het Gerber gesê.
Saterdag speel Marlow se eerste rugbyspan teen Dale College.
Dié kragmeting beloof om ’n groot wedstryd te wees en alle oud-leerders, inwoners en besoekers aan die dorp word genooi om dit by te woon en ondersteun.
Uitstallings en kosverkope sal deur die loop van Saterdagoggend voortgaan tot ná die rugbywedstryd.
Vir navrae oor stalletjies, skakel 079 890 8624.