DIE Dohne Merino Telergenootskap van Suid-Afrika het onlangs ’n projek aangepak om die Hoër Landbouskool ’n behoorlike hupstoot te gee met ’n skenking van 300 kommersiële ooie.

Die genootskap het sy lede gevra om die ooie aan die skool te skenk. Die finansiële voordeel wat deur die ooie gekry word kan dan deur die skool tot sy voordeel gebruik word.

Die Dohne Merino-telers beskou dit as ’n langtermynprojek van vyf jaar.

Die projek sal Marlow-leerders die geleentheid gee vir opleiding oor hoe om suksesvol te boer met Dohne Merino’s.

“Dit sal ook ’n geleentheid skep om leerders van Marlow se insig in die kleinveebedryf te verbreed deur blootstelling aan ’n dubbeldoel wolras,” het Deon Gerber, bemarker by Marlow, gesê.

Hy het bygevoeg dat daar ook jaarliks ’n inleidende kursus vir die leerders van Marlow aangebied sal word om hulle meer te leer van Dohne-teling.

“Dit is ’n reuse borgskap vir ’n landbouskool en sal ons help om net nog meer te groei in die toekoms van landbou en ons leerders,” het Gerber gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.