DIE Hoër Landbouskool Marlow in Cradock het verlede Vrydag en Saterdag, 8 en 9 Maart, ’n baie interessante boeredag gehou waar verskeie implemente, hoofsaaklik gemik op besproeiingsboere, uitgestal is.
Dit het ’n paar dae tevore gereën en die beplande demonstrasies met die toerusting kon nie plaasvind nie.
Die twee dae-lange byeenkoms is met ’n rugbykragmeting tussen Marlow en Dale Kollege afgesluit. – WILNA DE KLERK