OP Saterdag, 10 Februarie, het Marlow se eerste krieketspan teen Michausdal United gespeel.
Marlow het die loot verloor en eerste geboul. Michausdal het eerste gekolf en was beperk tot 188 vir die verlies van 9 paal- tjies in hul toegelate 40 boulbeurte.
Die beste boulers was Jandré Barnard met 3 paaltjies vir 22 lopies en Alwyn Muller ook met 3 paaltjies vir 38 lopies.
Daarna was dit Marlow se beurt met die kolf. Marlow het 192 lopies behaal vir die verlies van 4 paaltjies. Die beste kolwers was Leyton Valentyne met 49 lopies en Syce Botha met 58 lopies.
Marlow het die wedstryd met 6 paaltjies gewen.