Marlow presteer by distrikte

DIE afgelope naweek was dit weer tyd vir die jaarlikse Cradock Distrikte byeenkoms.


DIE afgelope naweek was dit weer tyd vir die jaarlikse Cradock Distrikte byeenkoms.

Tydens hierdie byeenkoms kom skole van Cradock, Middelburg, Hofmeyr, Tarkastad en die Nthabethemba-distrik bymekaar om sake uit te spook op die atletiekbaan.

Ten spyte van strawwe kompetisie en warm weerstoestande het Marlow nog steeds daarin geslaag om uitstekende prestasies te lewer.

Ambesa “Kwagga” Zenzile word aangewys as Senior Victor Ludorum vir sy uitstekende prestasies op die baan.

’n Redelike nuweling tot atletiek, Tiaan “Dassie” Herion, wys dat al sy harde werk gedurende die voorseisoen vrugte afwerp. Hy was aangewys as een van die top 10 beste atlete van die byeenkoms.

Marlow se atlete is nog steeds hard aan die oefen en sien uit na die Mega-distrikte wat op 24 Februarie plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.