MARLOW het van 21 tot 24 Februarie aan die 17de Tjaart Vorster-tennistoernooi deelgeneem en baie goed gevaar.
Marlow beskik oor ’n baie jong span met slegs een matriekleerder wat vir die span speel.
In die eerste wedstryd het Marlow te staan gekom teen die Hoërskool Voortrekker. Marlow het hul gemaklik met 19-8 geklop.
Daarna het hul teen Outeniqua ge-speel en met 25-2 gewen.
Die Donderdag het Marlow eers teen Hugenote te staan gekom en het hulle 24-4 geklop. Daarna het Marlow met Sentraal met ’n telling van 18-9 afgereken.
Marlow se spelers het eerste in hul afdeling geëindig en het in die eindstryd teen Oakdale Landbouskool te staan gekom.
In ’n aanskoulike stryd het Oakdale daarin geslaag om met vyf wedstryde teenoor drie die knoop deur te haak.
Daar moet melding gemaak word van Gideon Smith wat al sy enkel- sowel as dubbelwedstryde gewen het. Hy was een van slegs ses spelers by die toernooi wat dit kon vermag. Marlow is baie trots op hul tennisspan se prestasies.