TIAAN Scheepers (Popeye) en JC Carelsen (Trigger) van die Hoër Landbouskool Marlow in Cradock het gedurende die week van 28 Februarie tot 3 Maart aan die nasionale Protea-proewe vir Metaal Silhoeët-skiet deelgeneem.
Die kompetisie was baie straf en die seuns moes hul storie ken teen die res van die o.20’s.
Ná vier dae se skiet is die spanne bekend gemaak en Popeye is in die Proteaspan ingesluit wat van 14 tot 29 Julie in Helsinki, Finland aan die Internasionale Metaal Silhoeët-skiet se wêreldbyeenkoms gaan deelneem.
Benninghoff Siebert is ook gekies as die afrigter van hierdie Proteaspan, asook die bestuurder van die o.20-skuts.