Marlow sluit atletiekseisoen op hoë noot af

VIR die afgelope drie naweke was Marlow se atlete druk besig op en van die veld af.


VIR die afgelope drie naweke was Marlow se atlete druk besig op en van die veld af.

Gedurende die naweek van 3 Maart het Marlow se atlete aan die OP-byeenkoms in Port Elizabeth deelge-neem.

Nie net was dit ’n geleentheid vir die atlete om vir die ASA nasionale kampioenskappe te kwalifiseer nie, maar dit was ook ’n perfekte geleent-

heid om voor te berei vir die Oos-Kaap Skole-atletiekbyeenkoms wat vanaf 6 tot 9 Maart by NMU aangebied is.

Albei byeenkomste het goeie kompetisie vir Marlow se atlete gebied, maar hul harde werk gedurende die seisoen het vrugte afgewerp.

Tydens die ASA-byeenkoms het Marlow twee silwer en een brons medalje gewen. Die ou staatmaker, Christopher (Os) Swartz, seuns o.19, het ’n silwer vir diskusgooi met ’n afstand van 36,75m gewen.

WJ (Junior) Nel het ook ’n tweede plek vir seuns o.15-spiesgooi behaal met ’n afstand van 35,61m.

Tiaan (Dassie) Herion het die skool trots gemaak met sy vierde plek vir seuns, o.17 in die 400m met ’n tyd van 52s.

By die daaropvolgende week se Oos-Kaap-skoleatletiekbyeenkoms het Marlow se atlete ’n totaal van ses medaljes (vier brons en twee silwer) ingepalm.

Marlow is baie trots op Gerhard (Pote) du Plessis wat vir albei sy items, diskus en gewigstoot, silwer medaljes ontvang het en ook gekwalifiseer het om aan die Suid-Afrikaanse skoleatletiekbyeenkoms in Potchefstroom deel te neem.

You need to be Logged In to leave a comment.