DIE Marlow Landbouskool het Dinsdag, 6 Februarie, hul jaarlikse swemgala gehou. Die gala het in die aand plaasgevind en is altyd ’n hoogtepunt op die skool se kalender.
Al drie spanne, naamlik wit, groen en swart het mekaar behoorlik aangevat. Die witspan het hul teenstanders in die spankompetisie gemaklik geklop met ’n totaal van 95 punte.
In die tweede plek was die swartspan met 73 punte en die groenspan kon slegs 62 punte bymekaar maak.
Marlow is trots op Izak Hattingh wat die 4 x 25m rekord in die vryslag vir seuns o.14 verbeter het. Izak swem ’n baie vinnige tyd van 1:04:62.
Die beste o.14-swemmer tydens die gala was Izak Hattingh (swart). Carlo Froehlich (wit) het al die o.16-deelnemers uitgestof en in die o.19-afdeling was Joop Pasques (groen) die beste swemmer.