Marlow troef Dale in rugbywedstryde

SEWE van die Hoër Landbouskool Marlow in Cradock se rugbyspanne het hul eerste tuiswedstryde vroeër vandeesmaand ge-speel.


SEWE van die Hoër Landbouskool Marlow in Cradock se rugbyspanne het hul eerste tuiswedstryde vroeër vandeesmaand ge-speel.

Met Hudson Park wat op kort kennisgewing onttrek het, was daar ’n geskarrel om vir soveel as moontlik spanne wedstryde gereël te kry.

Dale College van King William’s Town het ingestem om hul eerste span te bring, terwyl Middellande Sekondêre Skool en die Hoërskool Tarkastad ook spanne gebring het.

Die eerstespan-wedstryd was deurgaans teen ’n baie hoë tempo gespeel en Marlow se rotsvaste verdediging het veral beïndruk. Teen halftyd het die twee spanne nog baie goed teen mekaar opgeweeg en die tel-ling was 3 elk.

Vroeg in die tweede helfte het die Wolramme egter die oorhand begin kry en het hulle Dale se foute onder druk behoorlik uitgebuit. Marlow het drie opwindende drieë gedruk om ’n baie goeie oorwinning te behaal. Marlow se drieë is gedruk deur Deandré (Gaffel) van der Merwe , Tiaan (Otter) Pretorius en Claude (Bones) Jacobs.

Claude het ook geslaag met twee doelskoppe en ’n reuse strafdoel vanuit sy eie halfgebied. Die ander drie is verdoel deur Johan (Texas) Terblanche. Die dag se uitslae is soos volg (Marlow se tellings eerste)

Marlow 1ste t Dale College 1ste 27-8

Marlow 2de t Middellande 1ste 20-5

Marlow 3de t Middellande 2de 53-0

Marlow 4de t Tarkastad 1ste 29-12

Marlow o.16A t Middellande o.16A 76-0

Marlow o.15A t Middellande o.15A 69-5

Marlow o.15B t Tarkastad o.15A 54-0

You need to be Logged In to leave a comment.