“AROUND the World” was die tema van die Hoërskool Middelburg se grootste glansaand vir 2018.
Die matrieks is behoorlik regoor die wêreld op die hande gedra deur die flukse gr. 11-leerders, hul registeronderwyseres, Jeanet Koen, asook die gr. 11-ouers wat die skoolsaal met smaak versier het.
Van Australië deur Europa en Frankryk, deur Suid-Afrika na Brasilië het die matrieks deur die aand ge- reis. Met hul aankoms in deftige voertuie is hulle deur die juigende skare langs die rooi tapyt verwelkom. Elke matriek is bederf met ’n pragtige handgemaakte plekmatjie, asook ’n unieke sleutelring van Middies.
Van ’n pluiskuil tot die modernste skeppings het oor die rooi tapyt tot in die saal beweeg om daar ontmoet te word deur lugwaardinne wat hulle na hul tafels vergesel het.
Die aand is geopen deur Mariaan Stannard, waarna Ammie Donian en Reinhard Pelser die verdere aankondigings hanteer het. Die matrieks en hul ouers het tot laataand gekuier om die laaste oomblikke van hulle spe- siaalste skoolfunksie te geniet.
Ná die kort skoolvakansie groet die matrieks op 12 Oktober die skool tydens hul Uitstapdag. Op Woensdag, 17 Oktober woon hulle hul laaste prysuitdeling by en daarna beweeg alles vinnig tot ’n einde vir die matrieks!
Die beheerliggaam van Middelburg wil ook hiermee elke gr. 12-leerder baie sterkte toewens met hul finale skooleksamen wat binnekort begin.