MHS beleef suksesvolle sportnaweek

RUGBY- en netbalwedstryde is op Saterdag, 21 April tussen die Hoërskool Middelburg en Gill-Kollege van Somerset-Oos op Middelburg se tuisveld gespeel.


RUGBY- en netbalwedstryde is op Saterdag, 21 April tussen die Hoërskool Middelburg en Gill-Kollege van Somerset-Oos op Middelburg se tuisveld gespeel.

Alhoewel baie meisies die naweek ook netbalproewe in Oos-Londen gespeel het, het die spanne steeds baie goed gevaar.

Rugby:

Middies se eerste rugbyspan het Gill met 13-5 geklop en die o.16-span van Middies wen 19-17. Die o.15’s beleef ’n goeie wedstryd, maar verloor 24-10 teen Gill.

Netbal:

o.14B Middelburg 17 en Gill 7

o.14A Gill 20 en Middelburg 16

o.16B Middelburg 23 en Gill 8

o.16A Middelburg 20 en Gill 8

o.19 Middelburg 20 en Gill 6

You need to be Logged In to leave a comment.