MHS se fisiese wetenskap-leerders vaar goed by Eskom Expo

VIER van die Hoërskool Middelburg se fisiese wetenskap-leerders het van 9 tot 11 Augustus aan die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes in Bloemfontein gaan deelneem.


VIER van die Hoërskool Middelburg se fisiese wetenskap-leerders het van 9 tot 11 Augustus aan die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes in Bloemfontein gaan deelneem.

Jana Olivier in gr. 11, Sulida Snyman en Guhan van der Ryst, albei in gr. 10, het elk ’n silwer toekenning ontvang en Ané Bishop het met haar projek ’n brons toekenning ontvang. Jana, Sulida en Guhan gaan van 2 tot 5 Oktober aan die nasionale ekspo in Boksburg deelneem.

Sulida se projek het gehandel oor “Hoe skoon is jou herbruikbare waterbottel?”, terwyl Jana s’n gegaan het oor “Die mees effektiewe en waterslim manier om jou hande skoon te maak”. Guhan se projek was oor “Volhoubare waterbesparingsisteem vir groente produsering” en Ané s’n oor “Magnetiese waterbehandeling”.
– JOHANETTE VAN HEERDEN

You need to be Logged In to leave a comment.