MICHAUSDAL Primêre Skool speel op 17 Februarie gasheer vir die Chris Hani-atletiekbyeenkoms vir primêre skole op Cradock.
Volgens die koördineerder, Neville Fleurs, gaan hierdie kompetisie – wat die voorloper is vir die Oos-Kaap Primêre Skole-atletiekbyeenkoms wat op 2 tot 3 Maart ook op Cradock gaan wees – iets wees om na uit te sien.
Chris Hani bestaan uit die volgende distrikte: Cradock, Queenstown, Lady Frere, Ngcobo en Cofimvaba en daar word ongeveer 800 atlete verwag. Die byeenkoms sal om 8vm begin. Toegangsgeld is R10 vir volwassenes en motors, en R5 vir kinders.
Michausdal Primêr se atlete wat aan hierdie byeenkoms gaan deelneem is Ethan Holster (gewigstoot o.13), Ilaam Schannack (gewigstoot o.11), Morné Fillies (verspring o.11), Adriano Sizani (verspring o.11), Kamvelihle Mabusela(gewigstoot o.11), Sihle Kula (1200m), Theoleen Miggels (hoogspring, verspring), Sara Klaasen (gewigstoot o.13), Thandolwethu Mbewu (200m, hoogspring), Justin Oliphant (gewigstoot o.10) en Georgia Claassen (hoogspring, verspring).