DIE Michausdal Primêre Skool se o.13 krieketspan het onlangs na Middelburg gereis om kragte teen die Ellen Olivier Primêre Skool te meet en het hulle gemaklik geklop.
Die wedstryd is in gunstige weer gespeel op die Hoërskool Middelburg se krieketveld.
Michausdal Primêr het die loot gewen en Ellen Olivier gevra om eerste te kolf. Michausdal se boulers het puik gevaar en Ellen Olivier vir 28 lopies uitgeboul.
Die kolwers van Michausdal het maklik die wenteiken in die agste boulbeurt behaal, met die verlies van slegs twee paaltjies.
Michausdal het die wedstryd met agt paaltjies gewen.

