Michausdal-skool troon uit by sporttoernooi

DIE Michausdal Sekondêre Skool (MSS) in Cradock het die afgelope kwartaal sy staal in verskeie sportbyeenkomste – plaaslik en in die distrik – gewys.


DIE Michausdal Sekondêre Skool (MSS) in Cradock het die afgelope kwartaal sy staal in verskeie sportbyeenkomste – plaaslik en in die distrik – gewys.

Dit sluit in rugby- en netbalwedstryde teen die Hoërskole Middellande, Templeton, Marlow en Cradock.

Op 12 Mei het MSS hul jaarlikse sporttoernooi aangebied en gasheer vir o.19-spanne van Maria Louw (Komani), Nyaluza (Grahamstad), Templeton, Middellande, J.A. Calata en Thubalethu (Fort Beaufort) gespeel. Patensie Sekondêr het vanjaar sy debuut by die toernooi gemaak.

In skaak het MSS nie sy gelyke gehad nie en J.A. Calata het die sokker-afdeling gewen met strafdoele teen Maria Louw.

In netbal is ook nuwe kampioene gekroon toe Templeton die skool van Thubalethu met 20-6 oorrompel het. In vorige jare was dit skole soos John Noah, Humansdorp en Templeton wat die MSS Parras se vlerke in die eindstryde geknip het.

In rugby het MSS die verdedigende kampi-oen, Nyaluza, onttroon in ’n spannende eindstryd wat die gasheer naelskraap 26- 24 gewen het. MSS, oftewel Parras, het goed teruggeveg in die tweede helfte en die wendrie in die laaste vier minute van die eindstryd gedruk.

Hierdie was ’n welverdiende sege vir die Parras-rugbyspan wat tans een van sy beste seisoene beleef. Dit volg op die rug van klin-kende oorwinnings teen CHS (A-span: 23-15 en B-span: 39-0), ’n rekordtelling teen J.A. Ca-lata (108-0), die o.16-bekersege in die Templeton-sewestoernooi en ’n gelykop uitslag (10- 10) in Midros.

Michausdal se skoolgemeenskap is baie trots op hul spanne wat die tradisie van kompetisie in sport, wat oor jare so ’n integrale deel gebly het, met soveel passie gestand doen. Die sportkomittee wil baie graag waar-dering uitspreek teenoor alle deelnemende spanne wat jaarliks tot die sukses van die toernooi bydra.

You need to be Logged In to leave a comment.