TERESA Opperman, Hofmeyr-korrespondent vir die Mid Karoo Express, het onlangs ’n skryfkursus by die befaamde skrywer, Annelie Botes, in Port Elizabeth bygewoon.

Botes, wat reeds 14 boeke gepubliseer het, het voornemende skrywers en verslaggewers ge-nooi om ’n werkswinkel by haar huis by te woon, en rondom die geelhouttafel in haar eetkamer, is talle probleem-areas aangespreek en opgelos.

Saam met Opperman, het Mariaan Fölscher (verslaggewer by Sarie), Cornelle Carstens (sub-redakteur en rubriekskrywer by die Mossel Bay Advertiser) en Quintus Smit (besturen-de direkteur by Pointman Leadership Institute en ook ’n bekende motiveringsspreker) by die opleiding ingeskakel.

Botes het reeds intens navorsing gedoen oor onder meer die effektiwiteit van die ekonomiese gebruik van woorde, korrekte invals-hoeke, en die gebruik van die mandala om ’n storie vlot te laat verloop, veral waar talle karakters betrokke is.

Deelnemers moes ook skryfstukke inhandig wat onder streng kritiek deurgeloop het. Hulle kon na afloop van die opleiding weer hierdie skryfstukke gaan herskryf met die nodige veranderings.

Al die deelnemers het die opleiding as uiters insiggewend beskryf, en talle stories is gebore wat nog tot wasdom moet groei – sodra elkeen weer terug is by hul rekenaars en woordeboeke.

You need to be Logged In to leave a comment.