Fort Beaufort
. Innige medelye aan die Van der Merwe-gesin met die heengaan van Oom Willem van der Merwe. Hy was jare lank ’n koster van die NG Kerk hier.
. Maria Isaacs het die afgelope naweek gesterf.
. Geluk aan Bryan Adonis met sy af-trede uit die onderwys vandeesweek. Ons wens hom jare van vreugdevolle rus toe.
Cradock
. Mid-Karoo Express se lesers moet ont-hou van Cradock Oos NG Kerk se basaar wat Vrydag op die kerkterrein plaasvind. Die geleentheid begin om 12:30 met die gewilde kindertafel. Met potjiekos, braai-vleis en allerhande basaargeregte en speletjies duur die geselligheid tot ná 19:00 wanneer daar saam in die saal gekuier sal word.