VERSKEIE spelers uit die Mid-Karoo-streek is opgeneem in die Bokkieweek-spanne wat van 2 tot 7 Julie aan die Bokkieweek-toernooi in Naboomspruit gaan deelneem.
Sestien unies van regoor Suid-Afrika neem aan hierdie Winter Bokkieweek deel.
Spelers uit die Mid-Karoo-streek wat gekies is vir die Griekwa-unie, het die afgelope Dinsdagaand na Naboomspruit vertrek.
Theo Burger, Clive Green en Jannie Blom van Middelburg, Alister Nel (Komani), Eben Lategan (Aliwal-Noord) en Handrich Conradie, Tiaan Hirion, AJ Lampbrecht en Leon Cordier van Marlow is almal in die o.19-rugbyspan ingesluit, met Johan Jacobs (Middelburg) as die o.19-afrigter.
DP Spangenberg, ook van Middelburg, is as die o.13-rugbyafrigter gekies.
Anna Blom (Middelburg), Mia du Plessis en Ilke van der Merwe van Volkskool (Graaff-Reinet) is in die o.16-hokkiespan ingesluit, met Ina en Arijana Botha van Karoo Hokkie-akademie in Graaff-Reinet was as afrigters vir die Bokkieweek gekies is.
Drie Middelburgers is in die netbalspanne opgeneem.
Hulle is Lara Barnhoorn (o.14-netbal); en Elzaan Pieterse en Marilet Blom wat in die o.13-netbalspan opgeneem is.
Reinet Blom van Middelburg en Ilana Steenkamp van Cradock is die o.19-netbalafrigters vir die toernooi.
Izabeth Smit van Middelburg is in die Vrystaat o.16A-span opge- neem wat ook aan die Bokkieweek-toernooi gaan deelneem. Die Vry-staatspanne vertrek op 2 Julie vanaf Senwes in Bloemfontein.