Middelburg: Eskom waarsku hy gaan krag afsny

D-DAG breek op 30 Oktober aan vir Middelburg. En dié D staan vir DON-KER.


D-DAG breek op 30 Oktober aan vir Middelburg. En dié D staan vir DON-KER.

Inxuba Yethemba munisipaliteit (IYM) se burgemeester Ray Shweni en raadslid Thembisile Bobo het tydens die raadsvergadering aan die einde van September belowe dat “die ligte nie afgeskakel sal word nie”.

Vandeesweek is besighede in Middelburg egter skriftelik deur Eskom in kennis gestel dat die voorgenome opskorting van kragtoevoer tot Middelburg wel sal voortgaan, en dié opskorting gaan veel erger wees as wat beurtkrag was.

Volgens Eskom se kennisgewing sal kragonderbrekings in Week 1 vanaf 30 Oktober van toepassing wees op die volgende tye: Maandag tot Vrydag: 06:00 – 09:00 en 17:00 – 20:30; Saterdag en Sondag 08:30 – 12:00 en 15:00 – 19:00.

Van Week 2 af, sal Middelburg se kragtoevoer daagliks, Maandag tot Sondag, afgesny wees tussen 06:00 en 20:00 saans.

Asof bogenoemde onderbrekings nie reeds erg genoeg is nie, het Eskom besighede ingelig dat hulle, met 15 dae kennisgewing, ook sou kon besluit om geheel en al alle kragtoevoer na Middelburg vir ’n onbepaalde tydperk af te sny indien IYM nie die agterstallige skuld betaal nie.

In hul boodskap het Eskom besighede in vetgedrukte woorde gemaan om betyds alle moontlike voorsorg-maatreëls te tref ten einde “die veilig-heid van lewens te bewaar” en skade aan toerusting en besighede te beperk.

Engela Kruger, voorsitter van Middelburg Forum, is baie bekommerd oor Eskom se voorneme om die kragtoevoer af te sny. “Dit is ’n feit dat Middelburg inwoners feitlik deur die bank hul elektriese rekeninge maandeliks be-taal. Ons krag word summier afgeska-kel as ons rekeninge nie op datum gehou word nie.

“Dieselfde kan nie van sekere van Cradock se woongebiede gesê word nie, waar die kragtoevoer net nooit afge-skakel word nie, ongeag of rekeninge betaal word of nie,” het Kruger gesê.

“Die praktiese en ekonomiese gevolge van hierdie kragonderbrekings gaan besighede van ons dorp op hulle knieë dwing. Ons is baie bekommerd oor die dorp se matrikulante en al die skole se leerders wat eksamen skryf met krag wat saans gaan af wees. Hoe gaan hulle leer?

“Dit is spitstye in al die huishoudings, en vir gereelde betalers aan IYM onaanvaarbaar.

“Waarom moet inwoners wat gereelde betalers aan IYM is gestraf word omdat die munisipale bestuurder en burgemeester onbevoeg is om IYM as ’n besigheid te bestuur? Die burgemeester moet pa staan vir die feit dat Eskom nie betaal word nie,” het Kruger gesê.

Die Middelburg Sake- en Belastingbetalersforum hou op Woensdag 24 Oktober ’n belangrike openbare vergade-ring by Middelburg Klub om 18:00. Die Forumbestuur het alle inwoners dringend versoek om dié vergadering by te woon, waartydens besluite geneem sal word ten opsigte van die pad vorentoe.

You need to be Logged In to leave a comment.