Middelburg Forum veg teen onwettige rommelstorting

ENGELA Kruger, die voorsitter van die Middelburg Forum, het die afgelope tyd opgemerk hoe inwoners hul tuin- en huisvullis langs verskeie strate in Middelburg op oop erwe, asook in die stormwaterslote, neergooi in plaas daarvan om dit in swart sakke


ENGELA Kruger, die voorsitter van die Middelburg Forum, het die afgelope tyd opgemerk hoe inwoners hul tuin- en huisvullis langs verskeie strate in Middelburg op oop erwe, asook in die stormwaterslote, neergooi in plaas daarvan om dit in swart sakke by hul eie wonings vir munisipale verwydering te plaas.

“Tuinvullis behoort boonop self weggery te word of daar moet met iemand vir verwydering gereël word,” het sy gesê.

Kruger het dus ’n beroep op Middelburg se gemeenskap en veral die lede van die Middelburg Forum gedoen om inwoners wat onwettig rommel en tuinvullis neergooi aan haar, te rapporteer by engela@gdeleather.co.za of 082 823 7885.

“Saam wil ons almal graag help om Middelburg ’n mooi, skoon toerisme-dorp te hou, maar dan moet elkeen sy kant bring,” het sy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.