JP JOUBERT, ’n gr. 12 fisiese wetenskap-leerder van die Hoërskool Middelburg het in samewerking met prof. Claus Kuhn van die Universiteit van Basel in Switserland, ’n toestel ontwerp om die kapillêre aksie van water in verskillende grondtipes in die afwesigheid van swaartekrag te ondersoek.
JP het sy taak aan Kuhn voorgelê waarna hy ná etlike verfyningsprosesse uiteindelik gereed was vir die groot dag.
’n Spesiale vliegtuig van NASA is gebruik om die atmosfeer binne te gaan waar daar geen gravitasiekrag aanwe-sig is nie.
Sodoende is waardevolle inligting dan ook ingesamel ten einde te bepaal of lewe op Mars moontlik is.