DIE ruiters van George Borcherds-stalle in Middelburg het van 23 tot 28 April aan die Nasionale Saalperd-kampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem.
Dié byeenkoms is die hoogtepunt van die Saalperd-genootskap se jaar.
Net om te kwalifiseer om te kan deelneem is al klaar ’n groot voorreg en ruiters wat hier ’n plek behaal, behaal uiteraard ’n nasionale prestasie.
Ruiters en afrigters werk en oefen heel jaar om hier hul vaardighede en perde te kom vertoon.
Die volgende ruiters het plekke behaal by die kampioenskappe onder afrigting van George Borcherds en Riekie Engelbrecht:
Gabrielle Hall verwerf ’n sesde plasing in die o.9-kinderryperdklas, sesde plasing in o.9-plesierperd-ruiterkuns en sewende plasing in o.10-parkperd-ruiterkuns.
Louw Borcherds verwerf ’n vyfde plek in o.10-kinderryperd en ’n tweede plek in o.10- plesierperd-ruiterkuns.
Cailin Nel verwerf ’n vierde plek in o.12-ruiterkuns.
Wilana Wolfaardt verwerf ’n vierde plek in die o.18-driegang natuurlike maanhare en stert, en ’n sewende plek in o.14-ruiterkuns.
Izabeth Smit behaal ’n sewende plek in die o.14-parkperd en vierde in die vyfgang-ruiterkunsklas sowel as sesde plek in die glansklas “Champion of Champions”.
Iané Ferreira behaal ’n tweede plek in o.16-driegang-ruiterkuns, sesde in o.18-parkperd en sewende in o.18-kinderryperd klas.
Jana Ferreira was tweede in die o.18-vyfgang-plesierperdruiterkuns, vierde in o.18-driegang-ruiterkuns en derde in Groot kampioen ope vyfgang-plesierperdklas.
Die ruiters wil graag ’n spesiale dank aan George Borcherds en Riekie Engelbrecht rig vir hul harde werk, liefde en tyd wat hulle aan elke ruiter bestee.